Leviticus 4:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet sy hand op die kop van die bok lê en dit slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag: dit is 'n sondoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet sy hand op die bok se kop lê en dit in die teenwoordigheid van die Here slag by die plek waar brandoffers geslag word. Dit is sy sonde-offer.
Afrikaans 1933/1953 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is 'n sondoffer.
Afrikaans 1983 Hy sit sy hand op die bok se kop en slag dit in die teenwoordigheid van die Here op die plek waar die diere vir die brandoffer geslag word. Dit is die sondeoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet sy hand op die kop van die bok lê en dit keelaf sny op die plek waar die •brandoffer voor die Here keelaf gesny word. Dit is 'n reinigingsoffer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet sy hand op die bok se kop sit en hy moet die bok slag op dieselfde plek waar hulle die brandoffer-dier voor die Here slag. Dit is 'n sonde-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sit sy hand op die bok se kop en slag hom op dieselfde plek waar die offers geslag word wat vir die Here verbrand word. Daarmee betaal hy vir die sonde wat hy gedoen het.