Leviticus 4:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n owerste gesondig het en uit onkunde iets gedoen het teen enige van die gebooie van die HERE sy God aangaande dinge wat nie gedoen moet word nie, en hy is skuldig;
Afrikaans (NLV) 2011 “As een van Israel se leiers iets doen wat deur die Here sy God verbied word, is hy skuldig selfs al het hy dit onopsetlik gedoen.
Afrikaans 1933/1953 As 'n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;
Afrikaans 1983 “As 'n gesagsdraer sondig en 'n misdaad teen die Here begaan deurdat hy sonder opset 'n gebod van die Here sy God oortree,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Wanneer 'n leier gesondig het en onopsetlik gedoen het wat een van die gebooie van die Here sy God sê nié gedoen mag word nie, is hy skuldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Miskien is dit 'n leier wat sonde doen, wanneer hy iets doen teen een van die gebooie van sy God die Here, maar hy weet dit nie, en hy word skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer ’n leier ’n fout maak sonder dat hy dit bedoel en hy iets doen wat die Here beveel het nie mag gebeur nie, is hy skuldig.