Leviticus 4:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet met die bul doen soos hy met die bul as sondoffer gedoen het, so moet hy hiermee doen; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.
Afrikaans (NLV) 2011 soos met die sonde-offer vir die priester gedoen word. Op dié manier sal die priester versoening doen vir die volk en hulle sal vergewe word.
Afrikaans 1933/1953 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.
Afrikaans 1983 Verder doen hy met die bul presies wat gedoen word met die sondeoffer. So doen die priester versoening vir die volk en word hulle sonde vergewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet met die bul maak soos hy met die bul van die reinigingsoffer gemaak het. So sal die priester oor hulle versoening doen en sal hulle vergewe word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet met hierdie bul doen soos met die ander bul. So moet hy versoening doen vir die mense in die vergadering, sodat die Here hulle sal vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy maak met die bul presies net soos hy gemaak het met die bul wat hulle vir hulle sonde gebring het. Wanneer hy so maak, vergewe die Here die volk dat hulle oortree het. Daar kom weer vrede tussen God en sy mense.