Leviticus 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n siel uit onkunde sondig teen enige van die gebooie van die HERE aangaande dinge wat nie gedoen moet word nie, en teen een van hulle doen;
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir die Israeliete: Wanneer hulle onopsetlik sondig deur iets te doen wat die Here in sy gebooie verbied het, moet hulle soos volg optree.
Afrikaans 1933/1953 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen
Afrikaans 1983 “Sê vir die Israeliete: Wanneer iemand onopsetlik teen enige van die gebooie van die Here sondig en iets doen wat hy nie mag doen nie, moet soos volg gehandel word:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sê vir die Israeliete, ‘Iemand sondig dalk onopsetlik teen een van al die Here se gebooie en doen iets wat nie gedoen mag word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer iemand sonde doen teen een van die gebooie van die Here, wanneer hy iets doen wat hy nie mag doen nie, maar hy weet dit nie, dan moet julle só doen:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) oor iemand wat nie moedswillig was toe hy iets gedoen het wat die Here in sy wette verbied het nie.