Leviticus 4:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet van die bloed smeer aan die horings van die altaar wat voor die aangesig van die HERE is wat in die tent van samekoms is, en hy moet al die bloed uitgiet op die onderkant van die brandofferaltaar wat by die deur van die tent van samekoms.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal van die bloed op die horings van die wierookaltaar in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting smeer. Die res van die bloed moet teen die onderkant van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting uitgegooi word.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
Afrikaans 1983 Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die altaar wat in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting staan. Die res van die bloed gooi hy alles uit teen die fondament van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar wat in die Tent van Ontmoeting voor die Here staan. Die res van die bul se bloed moet hy uitgooi teen die basis van die brandofferaltaar wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet hy van die bloed aan die horings van die altaar smeer, daar voor die Here in die tent. En hy moet al die bloed wat oorbly, uitgooi teen die onderkant van die altaar wat voor die tent is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die altaar wat daar voor die Here in die tent van ontmoeting staan. Die bloed wat nog oor is, gooi hy teen die onderkant van die altaar uit.