Leviticus 4:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die sonde bekend is wat hulle daarteen begaan het, moet die vergadering 'n jong bul vir die sonde offer en hom voor die tent van samekoms bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle hulle sonde agterkom, moet die leiers van die gemeenskap ’n jong bul as ’n sonde-offer na die ingang van die tent van ontmoeting bring.
Afrikaans 1933/1953 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering 'n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,
Afrikaans 1983 en dit word agterna bekend dat hulle gesondig het, moet die volk 'n bul as sondeoffer aanbied. Hulle bring die bul voor die tent van ontmoeting,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die oortreding wat hulle begaan het, bekend word, moet die geloofsgemeenskap 'n jong bul as reinigingsoffer bring. Hulle moet hom tot voor die Tent van Ontmoeting neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle dan uitvind dat hulle die sonde gedoen het, dan moet die volksvergadering 'n bul gee om 'n sonde-offer te wees. Hulle moet die bul bring voor die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit duidelik word dat hulle oortree het, moet hulle almal saam ’n bul na die tent van ontmoeting bring om dit vir hulle sonde te offer.