Leviticus 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Selfs die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring na 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op die hout met vuur verbrand; waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Afrikaans (NLV) 2011 moet weggevat word na ’n afgesonderde plek buite die kamp, die plek waar die as gegooi word. Hy sal dit alles in ’n houtvuur op die ashoop verbrand.
Afrikaans 1933/1953 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Afrikaans 1983 die hele bul, word dan buitekant die kamp gebring na 'n rein plek toe, die plek waar die as weggegooi word, en daar op 'n houtvuur verbrand. Dit word op die ashoop verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ja, die hele bul moet hy uit die kamp uitvat na 'n rein plek, na die stortplek van die vetterige as en dit op 'n houtvuur verbrand. By die stortplek van die vetterige as moet dit verbrand word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die hele bul, buite die kamp neem na 'n rein plek, die ashoop. Daar moet hy dit verbrand op 'n houtvuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) alles van die bul, moet hy uitvat buitekant die laer na die plek wat eenkant gesit is vir die vet en die as wat van die tent af kom. Op daardie plek buite die kamp waar die vet en die as gewoonlik verbrand word, moet hy dan al hierdie dele van die bul op ’n houtvuur verbrand.