Leviticus 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die twee niere en die vet wat daarop is, wat aan die sye is, en die oorblyfsel bokant die lewer, met die niere, moet hy wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011 die twee niere met die vet rondom en ’n deel van die lewer wat saam met die niere verwyder word.
Afrikaans 1933/1953 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.
Afrikaans 1983 die twee niertjies met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niertjies verwyder word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sowel as die twee niere met die vet daaraan wat teen die kruis lê. Die lewerlob moet hy saam met die niere verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ook die twee niere, die niervet wat aan die kruis is, en die punt van die lewer, wat hy saam met die niere uithaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die twee niere met die vetlaag oor die lewer en die vetlaag oor die lewer wat hy afgesny het.