Leviticus 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as sy spysoffer 'n dankoffer is, as hy dit uit beeste bring; of dit 'n mannetjie of 'n wyfie is, hy moet dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy ’n maaltydoffer uit jou beestrop wil bring, gebruik ’n bul of ’n koei. Die dier wat jy vir die Here offer, mag nie enige gebreke hê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. |
| Afrikaans 1983 | “As iemand 'n maaltydoffer wil bring en hy wil dit aanbied uit sy beeste, kan hy vir die Here 'n bul of 'n koei aanbied, maar sonder liggaamsgebrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ As iemand se offer 'n •maaltydoffer is wat uit die beeste kom, moet hy 'n bul of 'n koei sonder gebrek bring. Hy moet dit voor die Here bring |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand 'n ete-offer wil bring, en die offer is 'n bees, dan moet dit 'n gesonde bul of koei wees. Hy moet dit nader bring voor die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Iemand kan vir die Here ’n dier uit sy vee bring wat hy vir die Here wil gee waarvan hy self ook wil eet. Hy wil dit eet asof hy en die Here saam eet. Hy moet dan ’n bul of ’n koei na die Here by die tent van ontmoeting bring. Dit mag nie foute hê nie. |