Leviticus 27:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as dit 'n dier is waarvan 'n mens 'n offer aan die HERE bring, moet alles wat 'n mens daarvan aan die HERE gee, heilig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jou gelofte gaan oor ’n rein dier, een wat aanvaarbaar is as ’n offer vir die Here, dan word dit die Here se eiendom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE 'n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig wees. |
| Afrikaans 1983 | “As die gelofte gaan oor 'n rein dier wat aan die Here geoffer word, geld die reël dat 'n dier wat eenmaal aan die Here gegee is, sy eiendom word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ As dit gaan oor diere waarvan dele as 'n offer vir die Here aangebied kan word, sal enige dier wat iemand vir die Here gee, heilig wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As iemand 'n dier bring om vir die Here te offer, en dit is 'n dier wat hy mag offer, dan is die dier aan die Here gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As hy ’n dier wat geskik is om geoffer te word aan die Here beloof het, behoort dit geheel en al aan die Here. |