Leviticus 27:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hy armer is as wat jy geskat het, moet hy hom voor die priester stel, en die priester moet hom skat; volgens sy vermoë sal die priester hom skat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand so ’n gelofte gemaak, maar nie kan bekostig om die afkoopsom te betaal nie, moet hy die persoon saamvat na die priester toe. Hy sal dan die bedrag bepaal. Hy sal dan die bedrag wat die priester bepaal het, betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat. |
| Afrikaans 1983 | As iemand wat 'n gelofte afgelê het, te arm is om hierdie loskoopwaarde te betaal, moet hy die persoon oor wie dit gaan, na die priester toe bring. Die priester moet die persoon dan deurkyk en 'n bedrag bepaal wat bekostig kan word deur die een wat die gelofte afgelê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘As iemand te arm is vir die loskoopgeld, moet hy die persoon voor die priester bring. Die priester moet dan aan die persoon 'n loskoopwaarde toeken. In verhouding tot wat die een wat die gelofte afgelê het, kan bekostig, moet die priester 'n loskoopwaarde aan die persoon toeken. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En as iemand te arm is om hierdie geld te betaal, dan moet hy die persoon wat hy gewy het, na die priester toe bring, en die priester moet besluit hoeveel die arm man kan betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As die persoon wat die belofte gemaak het nie hierdie bedrag kan bekostig nie, moet hy die persoon wat hy aan God belowe het, na die dienaar by die tent toe vat. Hy sal dan ’n kleiner afkoopsom bepaal wat binne die vermoë is van die persoon wat die belofte gemaak het.” |