Leviticus 27:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as dit van sestig jaar oud en ouer is; as dit 'n mannetjie is, moet jou skatting vyftien sikkels wees, en vir die vroulike tien sikkels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Man ouer as 60 is vyftien stukke silwer werd en ’n vrou ouer as 60 is tien stukke silwer werd. |
| Afrikaans 1933/1953 | En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo is dit 'n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir 'n vrou tien sikkels. |
| Afrikaans 1983 | Bo sestig is 'n man se loskoopwaarde honderd een en sewentig gram en 'n vrou s'n honderd en vyftien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As dit iemand van sestig jaar en ouer is, is die loskoopwaarde vyftien sikkel as dit 'n manlike persoon is, en tien sikkel as dit 'n vroulike persoon is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | vir 'n man van 60 jaar en ouer 15 sikkels, en vir 'n vrou tien sikkels. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bedrag vir ’n man bo 60 is vyftien stukke en vir ’n vrou bo dieselfde ouderdom is dit tien stukke. |