Leviticus 27:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as dit van 'n maand oud tot vyf jaar oud is, moet jou skatting vir die manlike vyf sikkels silwer wees, en vir die vrou moet jou skatting drie sikkels silwer wees.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Seun tussen die ouderdom van een maand en vyf jaar is vyf stukke silwer werd en ’n dogter van daardie ouderdom is drie stukke silwer werd.
Afrikaans 1933/1953 Maar is dit iemand van 'n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.
Afrikaans 1983 Van 'n maand oud tot op vyf jaar is 'n seun se loskoopwaarde sewe en vyftig gram en 'n dogter s'n vier en dertig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit iemand van een maand tot vyf jaar is, is die loskoopwaarde van 'n manlike persoon vyf sikkel silwer en die loskoopwaarde van 'n vroulike persoon drie sikkel silwer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) vir 'n seun van 'n maand tot vyf jaar vyf sikkels, vir 'n dogter drie sikkels,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tussen ’n maand oud en vyf jaar oud is die bedrag vyf stukke vir die seuntjie en drie vir die dogtertjie.