Leviticus 27:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en hy sal dit nie verander nie; dit sal nie losgekoop word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar mag nie vir die tiende dier onderskeid gemaak word tussen goeie of slegte diere nie. Hulle mag ook nie uitgeruil word nie. As hulle wel omgeruil word, sal albei diere as die Here se eiendom beskou word en kan hulle nie losgekoop word nie.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.
Afrikaans 1983 Daar mag nie goeies of slegtes uitgesoek word nie, en 'n dier wat afgekeer is, mag nie omgeruil word nie. As iemand so 'n dier probeer omruil, word albei diere die Here se eiendom. Daar mag nie teruggekoop word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die eienaar mag nie tussen goeies vir 'n slegte soek nie en hy mag nie diere omruil nie. As hy dit wel omruil, is daardie dier reeds heilig en sal die geruilde een ook heilig wees. Dit mag nie losgekoop word nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie kyk of die dier goed of sleg is nie en julle mag dit nie omruil vir 'n ander dier nie. As iemand dit doen, dan is altwee diere aan die Here gewy, niemand mag dit loskoop nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar moet nie onderskeid gemaak word tussen goeie en slegte diere wanneer hulle uitgekeer word nie. ’n Dier kan ook nie sommer vir ’n swakker een omgeruil word nie. As iemand tog sal waag om dit te doen, moet hy die dier wat hy eerste uitgekeer het, sowel as die dier waarmee hy dit wou ruil, aan die Here afstaan.”