Leviticus 27:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geen toegewyde wat deur mense toegewyd sal wees, sal losgekoop word nie; maar sal sekerlik gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Persoon wat spesiaal afgesonder is vir die Here om geban te word, mag nie losgekoop word nie. So ’n persoon moet doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans 1983 | 'n Mens wat as banoffer aan die Here gewy word, mag nie losgekoop word nie. Hy moet doodgemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke persoon wat onder die ban is, elke persoon onder die mense wat volledig aan die Here gewy is, mag nie vrygekoop word nie; so 'n persoon moet beslis sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand 'n ander persoon so aan die Here gegee het, dan mag niemand die persoon loskoop nie. Julle moet hom doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Geen mens wat as ’n offer aan die Here beloof is, kan weer teruggekoop word nie. Daardie persoon moet doodgemaak word. |