Leviticus 27:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nieteenstaande geen bangoed wat 'n mens aan die HERE sal wy van alles wat hy het, van mens sowel as dier en van die veld van sy besitting, moet verkoop of losgekoop word nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enigiets wat spesiaal afgesonder is aan die Here, of dit nou ’n persoon, ’n dier of ’n stuk grond is, mag nooit verkoop of losgekoop word nie. Enigiets wat op dié manier vir die Here afgesonder is, behoort aan Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees. |
| Afrikaans 1983 | “Onthou ook verder dat iets wat as banoffer aan die Here gewy is, nie verkoop mag word nie en ook nie losgekoop mag word nie. Dit maak nie saak of dit 'n mens of 'n dier of 'n stuk erfgrond is nie, dit is heilig en behoort net aan die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Onthou net, wat betref enigiets onder die ban wat iemand volledig aan die Here gewy het van alles wat aan hom behoort, of dit nou 'n mens, 'n dier of 'n saailand van sy erfgrond is – dit mag nie verkoop word nie, en dit mag nie losgekoop word nie. Enigiets onder die ban is 'n besonder heilige gawe aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand vir die Here iets gegee het om net aan die Here te behoort, dan kan niemand dit koop of loskoop nie. Dit kan 'n mens of 'n dier of grond wees, as dit net aan die Here mag behoort, dan is dit hoog-gewyd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Enigiets wat iemand heeltemal aan die Here afgestaan het en wat nie langer deur ’n mens gebruik mag word nie, of dit nou ’n mens of ’n dier of ’n lap erfgrond is, kan nooit weer afgekoop of verkoop word nie. Dit behoort net aan die Here en aan Hom alleen. |