Leviticus 27:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net die eersgeborene van die diere, wat die eersteling van die HERE moet wees, niemand mag dit heilig nie; of dit bees of kleinvee is, dit behoort aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle mag nie die eersteling van ’n koei of skaap aan die Here wy nie omdat die eersteling al klaar aan die Here behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die eersgeborene van 'n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit 'n bees is of 'n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Onthou dat die eerste kalf van 'n koei en die eerste lam van 'n bok of 'n skaap buitendien aan die Here behoort en dus nie as 'n vrywillige offer aan Hom gewy mag word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Onthou net, wat betref 'n eersgeborene onder die diere wat reeds as eersgeborene aan die Here behoort – iemand mag dit nie wy nie. Of dit nou 'n bees of 'n stuk kleinvee is, dit behoort aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die eerste kalwers en lammers behoort aan die Here, niemand kan hulle wy nie, hulle behoort klaar aan die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die eerste kalf van ’n koei en die eerste lam van ’n bok of ’n skaap wat gebore word, behoort volgens die reëls alreeds aan die Here. ’n Mens kan nie nog verder een van hulle aan die Here beloof nie, want dit is alreeds Syne. |