Leviticus 27:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die jubeljaar moet die stuk grond teruggaan na hom van wie dit gekoop is, aan hom aan wie die grond besit het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die Jubeljaar sal die grond dan teruggaan na die oorspronklike eienaar toe van wie jy dit gekoop het. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land. |
| Afrikaans 1983 | In die hersteljaar val die grond dan weer terug na die persoon van wie dit oorspronklik gekoop is en wie se erfgrond dit is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die jubeljaar val die saailand weer terug aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom vir wie die grond erfgrond was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon wat die grond verkoop het, moet dit in die Hersteljaar terugkry, dit is sy grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die hersteljaar word die grond teruggegee aan die oorspronklike eienaar. Dit was sy erfgrond. |