Leviticus 27:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet die priester hom die waarde van jou skatting tot in die jubeljaar toereken; en hy moet jou skatting op dié dag gee as 'n heiligdom aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 moet die priester die waarde daarvan bepaal op grond van die aantal jare tot die volgende Jubeljaar. Jy moet dan die waarde van die grond nog daardie dag betaal. Dit word die eiendom van die Here.
Afrikaans 1933/1953 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as 'n heilige gawe aan die HERE.
Afrikaans 1983 moet die priester die totale loskoopwaarde bereken wat die grond tot die volgende hersteljaar het. Die skenker moet dan dadelik die loskoopwaarde in kontant betaal. Dit behoort aan die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet die priester vir hom die bedrag van die loskoopwaarde bereken tot die jubeljaar toe. Die man moet die loskoopwaarde op dieselfde dag as 'n heilige gawe aan die Here gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die priester tel hoeveel jaar oorbly tot die Hersteljaar, en hy moet dan sê hoeveel die persoon moet betaal. Die persoon moet die geld dieselfde dag betaal, dit is aan die Here gewy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***