Leviticus 27:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand aan die HERE 'n stuk grond heilig wat hy gekoop het wat nie uit die landerye van sy besitting is nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy ’n stuk grond aan die Here wy wat nie deel is van jou familiegrond nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy aan die HERE 'n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie, |
| Afrikaans 1983 | As iemand 'n stuk grond wat hy gekoop het, wat dus nie sy erfgrond is nie, aan die Here wy, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand sy gekoopte saailand, wat nie deel is van sy geërfde saaigrond nie, aan die Here wy, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n persoon grond gekoop het wat nie aan hom behoort het nie, en hy wy die grond, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [22-23] Indien iemand ’n saailand aan die Here afstaan wat hy aangekoop het en wat nie deel van sy erfgrond was nie, moet die dienaar by die tent die afkoopwaarde daarvan bepaal volgens die jare wat daar nog oor is tot die volgende hersteljaar. Die persoon betaal daar en dan die bedrag wat bepaal is aan die personeel by die Here se tent oor. |