Leviticus 27:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die saailand, as dit in die jubeljaar uitgaan, moet aan die HERE heilig wees soos 'n stuk grond; die besitting daarvan moet die priester s'n wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die grond gedurende die Jubeljaar losgekoop is, is dit heilige grond wat spesiaal vir die Here afgesonder is. Dit word dan die eiendom van die priesters. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe. |
| Afrikaans 1983 | Met die hersteljaar word die grond dan, soos in die geval van grond wat as banoffer aan die Here gewy is, die eiendom van die Here. Dit word dan deel van die priesters se grond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer die saailand loskom in die jubeljaar, is dit 'n heilige gawe aan die Here, soos saaigrond onder die ban. Vir die priesters word dit hulle erfgrond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die eerste eienaar weer die grond kry in die Hersteljaar, dan is dit aan die Here gewy. Dit is soos grond wat net aan die Here mag behoort. Die priester moet die grond kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die hersteljaar sal die grond egter nie vrykom nie. Dit behoort heeltemal aan die Here soos die banoffers, wat uitsluitlik aan Hom toegewy is. Dit word deel van die Here se eiendom. |