Leviticus 27:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy die stuk grond nie wil los nie, of as hy die stuk grond aan 'n ander man verkoop het, moet dit nie meer losgekoop word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy besluit om die grond nie los te koop nie, of die priesters het die grond reeds aan iemand anders verkoop, kan dit nie meer losgekoop word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan 'n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie; |
| Afrikaans 1983 | As hy die grond aan iemand anders verkoop sonder dat hy dit self teruggekoop het, kan hy dit nooit weer terugkoop nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hy nie die saailand loskoop nie, maar dit aan iemand anders verkoop, mag dit nie weer losgekoop word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hy nie self die grond loskoop nie en hy verkoop dit aan iemand anders, dan mag hy dit nie weer loskoop nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy nie die grond afkoop nie, of die Here se werker verkoop dit aan iemand anders, mag dit nie weer afgekoop word nie. |