Leviticus 27:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy wat die land geheilig het, dit op enige manier sal los, dan moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daarby voeg, en dit moet vir hom verseker wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy besluit om die gewyde grond los te koop, moet jy die waarde van die grond soos bepaal deur die priester betaal, plus twintig persent. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly. |
| Afrikaans 1983 | As die persoon die grond wil terugkoop, moet hy twintig persent meer as die vasgestelde loskoopwaarde betaal. Dan is dit weer syne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die persoon wat dit gewy het, wel sy saailand wil loskoop, moet hy 'n vyfde van die silwer van die loskoopwaarde byvoeg. Dit gaan dan weer oor na hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die persoon die grond wat hy gewy het, self wil loskoop, dan moet hy een vyfde bysit by die geld wat hy vir die priester moet gee, dan mag hy die grond hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die persoon wat die grond aan die Here afgestaan het, dit vir homself wil terugkoop, moet hy ’n vyfde byvoeg by die waarde wat die grond op daardie stadium het. Die grond word dan weer sy eiendom. |