Leviticus 27:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken volgens die jare wat oor is, tot die jubeljaar, en dit moet van jou skatting afgemaak word.
Afrikaans (NLV) 2011 As die grond aan die Here gewy word in die jaar ná die Jubeljaar, moet die priester die waarde van die grond bepaal in verhouding tot die aantal jare tot die volgende Jubeljaar.
Afrikaans 1933/1953 Maar as hy sy stuk land ndie jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.
Afrikaans 1983 Maar as hy die grond ná die hersteljaar wy, moet die priester die aantal seisoene wat oorbly tot die volgende hersteljaar in berekening bring en die loskoopwaarde dienooreenkomstig verminder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as hy sy saailand ná die jubeljaar wy, moet die priester vir hom die silwer bereken volgens die jare wat oor is tot die volgende jubeljaar. Dit word dan van die loskoopwaarde afgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hy die grond wy lánk ná die Hersteljaar, dan moet die priester sê die persoon mag minder betaal, die priester moet die jare tel wat oorbly tot die volgende Hersteljaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Indien dit eers na die hersteljaar is dat iemand sy land vir die Here gee, moet die dienaar van die Here die bedrag minder maak volgens die aantal jare wat nog oor is tot die volgende hersteljaar.