Leviticus 27:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hy sy stuk grond van die jubeljaar af heilig, sal dit volgens jou skatting bly staan.
Afrikaans (NLV) 2011 As die grond aan die Here gewy word tydens die Jubeljaar, is die volledige loskoopwaarde van toepassing.
Afrikaans 1933/1953 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig volgens jou skatting, so moet dit bly.
Afrikaans 1983 As hy die grond aan die Here wy gedurende die hersteljaar, geld die volle loskoopwaarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die persoon sy saailand in die jubeljaar wy, staan die loskoopwaarde vas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die persoon die grond wy net ná die Hersteljaar, dan moet hy alles betaal as hy dit wil loskoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Indien hy sy saailand tydens die hersteljaar vir die Here beloof het, bly die volle bedrag net so staan.