Leviticus 27:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand aan die HERE 'n deel van 'n stuk grond van sy besitting heilig, dan sal jou skatting wees volgens die saad daarvan: 'n homer garssaad moet gewaardeer word op vyftig sikkels silwer.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy ’n stuk familiegrond aan die Here wil wy, word die waarde daarvan bepaal deur die hoeveelheid saad wat nodig is om dit te beplant. Vir elke 100 kilogram gars moet 50 stukke silwer gegee word.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.
Afrikaans 1983 “As iemand 'n deel van sy grond aan die Here wy, moet die loskoopwaarde bepaal word volgens die hoeveelheid saad wat gewoonlik op die stuk grond gesaai word: vir elke honderd kilogram gars is die loskoopwaarde vyf honderd en sewentig gram silwer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘As iemand van die saailande van sy erfgrond aan die Here wy, moet die loskoopwaarde bepaal word volgens die saad wat daar gesaai word: vyftig sikkel silwer vir elke gomer garssaad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As iemand 'n stuk van sy grond aan die Here wy, dan moet julle kyk hoeveel saad iemand op daardie grond kan saai. Hy moet 50 sikkels silwer betaal vir elke gomer gars wat hy op daardie grond saai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Iemand kon beloof het om van sy erfgrond, ’n stuk land waarop geplant en geoes kan word, aan die Here af te staan. Die afkoopwaarde daarvan moet dan bepaal word volgens die saad wat gewoonlik daarop gesaai kan word. Vir elke 100 kilogram saad word 50 stukke bereken.