Leviticus 27:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy wat dit geheilig het, sy huis sal los, dan moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daarby voeg, en dit sal syne wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy die huis wil loskoop, moet jy die waarde soos bepaal deur die priester betaal plus twintig persent. Dan sal die huis weer aan jou behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees. |
| Afrikaans 1983 | As die persoon wat die huis gewy het, dit self weer wil terugkoop, moet hy twintig persent meer as die vasgestelde loskoopwaarde betaal. Dan is dit weer syne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die persoon wat sy huis aan die Here gewy het, dit wil loskoop, moet hy 'n vyfde in silwer by die loskoopwaarde voeg. Dan is dit weer syne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as die persoon wat die huis gewy het, dit wil loskoop, dan moet hy een vyfde meer betaal, dan is dit weer sy huis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die persoon wat die huis aan die Here afgestaan het, dit vir homself wil terugkoop, moet hy ’n vyfde bysit by die bedrag wat bepaal is. Die huis sal dan weer aan hom behoort.” |