Leviticus 27:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand sy huis heilig om aan die HERE heilig te wees, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly staan.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy ’n huis aan die Here wil wy, moet die priester kom om die waarde van die huis te bepaal. Die priester se beslissing sal finaal wees.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
Afrikaans 1983 “Wanneer iemand sy huis vrywillig aan die Here wy, word dit die Here se eiendom. Die priester moet dan die loskoopwaarde daarvan bepaal volgens die toestand van die gebou. Die oordeel van die priester is ook in hierdie geval finaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ As iemand sy huis as 'n heilige gawe aan die Here wy, moet die priester die loskoopwaarde bepaal, hoog of laag. Soos die priester die waarde bepaal, so sal dit vasstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer 'n persoon sy huis aan die Here wy, dan moet die priester sê hoeveel die persoon moet betaal. Miskien is dit 'n goeie huis, miskien is dit 'n slegte huis, dit maak nie saak nie. Die priester moet sê hoeveel die persoon moet betaal, en die persoon moet dit dan betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer iemand belowe het om sy huis vir die Here te gee, moet die dienaar van die tent af kom en die afkoopwaarde kom bepaal. Of hy dit oor- of onderwaardeer, is nie ter sake nie. Die bedrag wat hy vasgestel het, staan vas.