Leviticus 27:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hy dit enigsins wil loskoop, moet hy 'n vyfde deel daarvan by jou skatting byvoeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy die dier wil loskoop, moet jy sy waarde soos deur die priester bepaal, plus twintig persent betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg. |
| Afrikaans 1983 | As die persoon self die dier wil terugkoop, moet hy twintig persent meer as die vasgestelde loskoopwaarde betaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die persoon dit wel wil loskoop, moet hy een vyfde by die loskoopwaarde byvoeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as die persoon die dier wil loskoop, dan moet hy een vyfde meer betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die persoon wat die belofte gemaak het, die dier vir homself wil terugkoop, moet hy nog ’n vyfde byvoeg by die bedrag wat die dienaar gesê het.” |