Leviticus 27:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as dit 'n onrein dier is waarvan hulle nie 'n offer aan die HERE bring nie, moet hy die dier voor die priester bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jou gelofte gaan oor ’n onrein dier, een wat nie aanvaarbaar is as ’n offer vir die Here nie, moet jy die dier na die priester toe bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel, |
| Afrikaans 1983 | As die gelofte gaan oor 'n onrein dier wat nie aan die Here geoffer mag word nie, moet die dier na die priester toe gebring word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As dit enige •onrein dier is waarvan dele nie as 'n offer vir die Here aangebied mag word nie, moet die persoon die dier voor die priester bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as dit 'n onrein dier is wat hy nie aan die Here mag offer nie, dan moet hy die dier na die priester toe bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die dier wat vir die Here belowe is ’n dier is wat nie op die altaar geoffer mag word nie, moet die dier na die dienaar by die Here se tent gebring word |