Leviticus 26:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal vir julle ag gee en julle vrugbaar maak en julle vermeerder en my verbond met julle oprig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal julle my guns bewys, Ek sal julle baie laat word en Ek sal my verbond met julle nakom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal vir julle goed wees en julle vrugbaar maak sodat julle 'n groot nasie sal word. So sal Ek my verbond met julle nakom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal na julle omsien, julle vrugbaar maak en julle laat vermeerder. Ek sal my verbond met julle gestand doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir julle sorg en Ek sal julle vrugbaar maak sodat julle baie sal word. Ek sal my verbond met julle hou en doen wat Ek belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal goed wees vir julle. Ek sal maak dat julle baie mense word. So sal Ek my ooreenkoms met julle nakom. |