Leviticus 26:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend op die vlug slaan, en julle vyande sal voor julle deur die swaard val.
Afrikaans (NLV) 2011 Net vyf van julle sal 100 agtervolg en 100 van julle sal 10 000 agtervolg. Al julle vyande sal onder julle wapens tot ’n val kom.
Afrikaans 1933/1953 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
Afrikaans 1983 Net vyf van julle soldate sal honderd van die vyand op loop jaag, en net honderd van julle sal tien duisend op loop jaag. Julle sal hulle om die lewe bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vyf van julle sal honderd agtervolg en honderd van julle sal tienduisend agtervolg, ja, julle vyande sal deur die swaard voor julle val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vyf van julle sal 100 vyande volg en jaag, 100 van julle sal 10 000 vyande volg en jaag, julle sal julle vyande doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net vyf van julle sal nodig wees om 100 van hulle te agtervolg. Honderd sal 10 000 vyande agternasit en hulle van die gras af maak.