Leviticus 26:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal vrede gee in die land, en julle sal gaan lê, en niemand sal julle verskrik nie; en Ek sal bose diere uit die land uitroei, en die swaard sal nie deur julle land trek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap: Ek sal die ongediertes uitroei en daar sal nie oorlog in julle land kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Ek sal vrede gee in die land. Julle sal gaan lê en niemand sal julle opjaag nie. Ek sal die ongediertes uit die land verwyder en 'n swaard sal nie deur julle land trek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vrede gee in die land, en julle sal rustig slaap. Ek sal die wilde diere wegvat uit die land, en daar sal nie oorlog kom in die land nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal sorg dat daar vrede in julle land is sodat julle rustig kan slaap in die nag. Ek sal die gevaarlike diere uit julle land laat verdwyn. Ek sal julle teen die aanvalle van julle vyande beskerm. |