Leviticus 26:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle dorswerk sal tot by die oesjaar kom, en die oesjaar tot die saaityd; en julle moet julle brood volop eet en veilig in julle land woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal graan oes totdat dit tyd is vir die druiwe-oes. Julle druiwe-oes sal weer duur totdat dit tyd is om graan te plant. Julle sal genoeg hê om te eet en in veiligheid in die land woon.
Afrikaans 1933/1953 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.
Afrikaans 1983 Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiweoes, en die druiweoes sal aanhou tot saaityd. Julle sal meer as genoeg eet en veilig woon in julle land.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal besig wees om op die dorsvloer te werk, dan sal julle ook moet begin om by die parskuip te werk, en julle sal besig wees om by die parskuip te werk, dan sal julle weer moet begin om koring en gars te saai. Julle sal genoeg kos hê om te eet en julle sal veilig woon in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle oesseisoen sal aanhou tot dit weer tyd is om druiwe te pluk. Julle druiweoes sal aanhou tot dit tyd is om weer koring te saai. Julle sal oorgenoeg kos hê en julle sal gerieflik in julle land bly.