Leviticus 26:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die insettinge en verordeninge en wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel op die berg Sinai deur die diens van Moses gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die voorskrifte, die reëls en regulasies wat die Here aan die Israeliete deur Moses op die Sinaiberg gegee het.”
Afrikaans 1933/1953 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.
Afrikaans 1983 Die voorafgaande is die voorskrifte, bepalings en wette wat die Here deur Moses op Sinaiberg gegee het oor die verhouding tussen die Here en die Israeliete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die vaste voorskrifte, die beslissings en onderrig wat die Here by die berg Sinai deur Moses gegee het vir die verhouding tussen Hom en die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die wette wat die Here op Sinai-berg gegee het toe Hy die verbond gemaak het met hulle. Moses het dit vir hulle gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is al die reëls en die voorskrifte wat die Here tussen Hom en die Israeliete deur Moses daar op die Sinaiberg neergelê het.