Leviticus 26:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal ter wille van hulle dink aan die verbond van hulle voorvaders wat Ek voor die oë van die nasies uit Egipteland uitgelei het, om vir hulle 'n God te wees: Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die verbond met hulle voorouers wat Ek uit Egipte gebring het ten aanskoue van al die nasies om hulle God te wees in herinnering roep. Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle 'n God te wees. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die belofte aan hulle voorouers wat Ek voor die oë van die nasies uit Egipte laat trek het, weer van krag maak, die belofte dat Ek hulle God sal wees. Ek is die Here.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal tot hulle voordeel dink aan die verbond met die voorgeslagte wat Ek voor die oë van die nasies uit Egipteland laat wegtrek het om vir hulle 'n God te wees. Ek is die Here. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal onthou dat Ek 'n verbond gemaak het met hulle. Al die volke het gesien hoe Ek my volk uit die land Egipte gebring het sodat Ek hulle God kon wees. Ek is die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het julle uit Egipte laat trek terwyl die ander nasies dit gesien het. Ek sal onthou dat Ek beloof het om julle God te wees. Ek is tog die Here.” |