Leviticus 26:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nogtans, as hulle in die land van hulle vyande is, sal Ek hulle nie verwerp nie, en Ek sal hulle nie verafsku nie, om hulle met die banvloek te tref en my verbond met hulle te verbreek; want Ek is die HERE hulle God.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar ten spyte van al hierdie dinge sal Ek hulle nie heeltemal verwerp of verag terwyl hulle in ballingskap in die land van hulle vyande is nie. Ek sal my verbond met hulle nie tot niet maak deur hulle uit te wis nie. Ek, die Here, is hulle God.
Afrikaans 1933/1953 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.
Afrikaans 1983 “En tog, al sou hulle ballinge word in die land van hulle vyande, sal Ek hulle nie so verwerp, so minag, dat hulle heeltemal sal verdwyn en dat my verbond met hulle tot niet sal gaan nie, want Ek is die Here hulle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Maar selfs dan, wanneer hulle in die land van hulle vyande is, sal Ek hulle nie verwerp nie. Ek sal nie so 'n afkeer van hulle hê dat Ek hulle sal uitwis en my verbond met hulle sal verbreek nie. Ek, die Here, is immers hulle God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar wanneer hulle in die land van hulle vyande is, sal Ek hulle nie los nie. Dit sal vir My te moeilik wees om hulle almal te laat sterf en om my verbond met hulle te breek, want Ek is hulle God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ten spyte egter van al hierdie dinge, selfs al is julle gevangenes in die land van julle teëstanders, sal Ek julle nie so weggooi en julle nie so minag dat Ek my verbintenis met julle heeltemal sal opsê nie. Ek is tog julle God, die Here.