Leviticus 26:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook sal die land van hulle oorbly en sy sabbatte geniet terwyl sy woes lê sonder hulle; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die land moet egter eers sy jare van Sabbatsrus geniet soos wat dit nou verlate lê. Die volk sal hulle volle straf vir hulle sondes moet kry. Hulle het immers my reëls verwerp en my regulasies geminag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en hulle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge 'n afsku gehad het. |
| Afrikaans 1983 | Maar die land sal eers sonder sy mense verlate moet lê om die verlore rusjare in te haal. Húlle sal hulle skuld moet erken, dat hulle my bepalings verwerp het en my voorskrifte met minagting behandel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die grond moet eers van hulle verlate wees, sodat dit vir sy Sabbatte vergoed kan word terwyl dit onbewerk lê sonder hulle. Hulle sal moet boet vir hulle sondeskuld omdat hulle my beslissings verwerp en 'n afkeer van my vaste voorskrifte gehad het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die land sal eers alleen moet wees, daar sal nie mense woon nie, sodat die land sy Sabbatsjare kan geniet. My volk moet eers sê dat hulle die straf oor hulle sondes sal dra, want hulle het gewys dat dit nie vir hulle belangrik is om te doen wat Ek besluit nie, dit was vir hulle te moeilik om te doen wat Ek sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal egter eers uit die land moet weggaan. Julle sal die straf vir julle skuld moet dra. In die tyd dat julle weg is en die grond net so onbewerk lê, sal die land die agterstallige rusjare inhaal. |