Leviticus 26:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal Ek dink aan my verbond met Jakob, en ook aan my verbond met Isak, en ook aan my verbond met Abraham; en Ek sal aan die land dink.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal Ek my verbond met Jakob, Isak en Abraham onthou. Ek sal ook die land onthou.
Afrikaans 1933/1953 sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
Afrikaans 1983 Wanneer hulle dit doen, sal Ek die beloftes wat Ek aan Jakob, aan Isak en aan Abraham gegee het, weer van krag maak. Ek sal my beloftes oor die land weer van krag maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal Ek my verbond met Jakob onthou; ook my verbond met Isak en my verbond met Abraham sal Ek onthou, en aan die land sal Ek dink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal Ek onthou dat Ek 'n verbond gemaak het met Jakob, Isak en Abraham, en met die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle dit sou doen, kon Ek weer my verbintenis aan Jakob, Isak en Abraham in gedagte roep en weer van die land onthou.