Leviticus 26:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat Ek ook teen hulle gewandel het en hulle in die land van hulle vyande gebring het; as hulle onbesnede harte dan verneder word, en hulle dan die straf van hulle ongeregtigheid aanvaar; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het Ek ook hulle vyand geword en hulle in die land van hulle vyande gebring. Uiteindelik sal hulle ongehoorsame harte nederig word en sal hulle betaal vir hulle sondes. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat Âk My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid, |
| Afrikaans 1983 | dat Ek hulle ook teengestaan het en hulle na hulle vyande se land toe gevat het om te sien of hulle dan oor hulle ongehoorsaamheid berou sal kry en hulle skuld sal erken. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat Ek ook hulle teengegaan het deur hulle in die land van hulle vyande te bring; ja, as hulle onbesnede harte dan verootmoedig word en hulle boet vir hulle sondeskuld, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien sal hulle dan weet dat Ek hulle vyand geword het en dat Ek hulle na die land van hulle vyande gebring het. Miskien sal hulle jammer wees dat hulle soos heidene gelewe het en miskien sal hulle sê dat hulle die straf oor hulle sondes sal dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dat Ek teen julle moes draai. Ek moes julle na julle vyande se land laat wegvoer om te sien of julle nie miskien julle gesindheid sal verander en julle sonde weer sal regmaak nie. |