Leviticus 26:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hulle hul ongeregtigheid en die ongeregtigheid van hul vaders bely met hul oortreding wat hulle teen My begaan het, en dat hulle ook teen My gewandel het;
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar my volk sal hulle sondes en die sondes van hulle voorouers bely. Hulle het My verraai en het my vyand geword.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,
Afrikaans 1983 Hulle sal húlle sonde en dié wat hulle voorvaders teen My begaan het, bely. Hulle sal erken dat hulle My teengestaan het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Maar as hulle hulle sondeskuld en dié van hulle voorouers bely, dit wat hulle in hulle ontrou teen My begaan het deur My selfs teen te gaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien sal hulle bely dat hulle en hulle voorvaders sonde gedoen het, en dat hulle ontrou en opstandig was teen My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dan sal julle julle sondes en dié van julle ouers bely. Julle sal erken dat julle nie aan My getrou was nie en dat julle My so uitgetart het