Leviticus 26:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal Ek dit laat reën op die regte tyd. Die land sal dan sy opbrengs lewer en die bome sal vrugte dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. |
| Afrikaans 1983 | sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal Ek julle reën op die regte tyd vir julle gee. Die land sal sy opbrengs lewer en die bome in die veld sal hulle vrugte gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, en daar sal baie koring op die koringland wees en baie vrugte aan die bome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek dit betyds laat reën. Daar sal oeste wees op die lande en vrugte aan die bome. |