Leviticus 26:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat van jou oorgebly het, sal in hul ongeregtigheid wegkwyn in die lande van jou vyande; en ook deur die ongeregtighede van hulle vaders sal hulle saam met hulle wegkwyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat oorbly, sal in die land van julle vyande wegkwyn as gevolg van hulle sonde en die sonde van hulle voorouers.
Afrikaans 1933/1953 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.
Afrikaans 1983 “Dié van julle wat daarna nog oor is, sal in die lande van julle vyande wegkwyn onder die selfverwyt oor hulle sonde. Hulle sal ook wegkwyn onder die wroeging oor die sondes van hulle voorvaders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dié van julle wat oorbly, sal in die lande van hulle vyande wegteer oor hulle sondeskuld; hulle sal ook wegteer oor die sondeskuld van hulle voorouers wat hulle met hulle saamdra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die paar mense wat nog lewe, sal sterf en verdwyn oor hulle sondes in die land van hulle vyande. Hulle sal ook sterf en verdwyn oor die sondes van hulle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié van julle wat oor is, sal in julle vyand se land uitsterf as gevolg van julle en julle ouers se sondes.”