Leviticus 26:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal soos 'n swaard op mekaar val, wanneer niemand agtervolg nie; en julle sal geen mag hê om voor julle vyande stand te hou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al is daar niemand wat julle jaag nie, sal julle oor mekaar val terwyl julle vlug, asof julle in ’n oorlog wegvlug van julle vyand. Julle sal geen krag hê teen julle vyande nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie. |
| Afrikaans 1983 | Die vrees vir oorlog sal hulle oormekaar laat val om weg te kom van agtervolgers wat nie bestaan nie. “Julle sal geen krag hê om weerstand te bied teen julle vyande nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal oor mekaar struikel soos voor die swaard, maar met geen agtervolger nie! “ ‘Julle sal nie voor julle vyande kan standhou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal oor mekaar val soos in 'n oorlog, ook wanneer niemand hulle jaag nie. Julle sal nie sterk genoeg wees om teen julle vyande te veg nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal so bang wees vir die lem van die swaard dat hulle oor mekaar sal val om weg te kom van iemand wat nie eers daar is nie. Julle sal nie in staat wees om julle vyand in die oë te kyk nie. |