Leviticus 26:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oor die wat van julle in die lewe oorgebly het, sal Ek 'n moedeloosheid in hulle harte stuur in die lande van hulle vyande; en die geluid van 'n bewoë blaar sal hulle agtervolg; en hulle sal vlug soos vlugtelinge vir 'n swaard; en hulle sal val as niemand agtervolg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vir dié van julle wat oorleef, sal Ek so bang maak in die land van julle vyande dat julle in voortdurende vrees sal lewe. Selfs die geluid van ’n blaar in die wind sal julle op die vlug laat slaan. Julle sal hardloop asof ’n soldaat agter julle aan is met ’n swaard en julle sal val al agtervolg niemand julle nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg. |
| Afrikaans 1983 | Dié van julle wat oorbly, sal Ek in die lande van hulle vyande in so 'n spanning laat leef dat die geritsel van 'n droë blaar hulle op die loop sal jaag. Hulle sal hardloop tot hulle neerslaan, asof iemand met 'n swaard agter hulle aan is, maar daar sal niemand wees nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wat betref dié van julle wat oorbly, Ek sal in die lande van hulle vyande soveel vertwyfeling in hulle harte bring dat die geluid van 'n dwarrelende blaar hulle op loop sal jaag. Hulle sal vlug asof vir 'n swaard en val sonder iemand wat hulle agtervolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die paar mense wat nog lewe, sal baie bang wees in die land van hulle vyande. Hulle sal vlug wanneer hulle 'n blaar hoor wat val, hulle sal vlug soos hulle in oorlog sal vlug, hulle sal ook vlug wanneer niemand hulle jaag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal dié van julle wat in die vyand se land oorgebly het, so senuweeagtig maak dat bloot net die geritsel van ’n droë blaar hulle op loop sal jaag. Hulle sal die hasepad kies asof iemand met ’n swaard agter hulle aan is. Hulle sal op die grond neerslaan sonder dat daar werklik iemand is wat hulle jaag. |