Leviticus 26:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So lank as wat dit woes lê, sal dit rus; omdat dit nie gerus het op julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die land in puin lê, sal dit die rus neem wat julle dit nooit elke sewe jaar gegee het toe julle nog daar gewoon het nie.
Afrikaans 1933/1953 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
Afrikaans 1983 So lank as die land verlate is, sal dit die rus kry wat dit om die sewe jaar moes gehad het maar nooit gekry het toe julle dit bewoon het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die dae wat die grond onbewerk lê, sal dit die rus kry wat dit nie gehad het gedurende julle Sabbatte toe julle daarop gewoon het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die land sal die hele tyd rus wanneer daar nie mense woon nie. Die land het nie gerus op julle Sabbatdae toe julle daar gewoon het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal in daardie tyd die rus kry wat julle dit nooit tydens die sabbatsjare gegun het nie.