Leviticus 26:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die land sy sabbatte geniet solank dit woes lê en julle in die land van julle vyande is; ook dan sal die land rus en sy sabbatte geniet.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die land so verlate lê gedurende die jare van julle ballingskap in die land van julle vyandskap, sal dit sy verlore Sabbatsjare inhaal. Dan sal die land uiteindelik kan rus en sy Sabbatte geniet.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
Afrikaans 1983 Wanneer die land dan verlate lê en julle in julle vyande se gebied is, sal die grond uiteindelik sy verdiende rusjare kry. Dan sal die land rus en die verlore sabbatsjare inhaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Dan sal die land vergoed word vir sy Sabbatte, al die dae wat dit onbewerk lê terwyl julle in die land van julle vyande is. Ja, dan sal die land rus en vergoeding kry vir sy Sabbatte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer daar nie meer mense in die land is nie, en wanneer julle in die land van julle vyande is, dan sal die land kan rus en die land sal sy Sabbatsjare geniet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die jare wat die grond onbewerk gaan lê terwyl julle in die land van julle vyande bly, sal die land kan rus kry. Dit sal die sabbatsjare inhaal wat dit verloor het.