Leviticus 26:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal julle hoogtes vernietig en julle beelde omkap en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi, en my siel sal van julle afsku.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal julle heidense heiligdomme vernietig en julle wierookaltare afbreek. Ek sal julle lyke laat ophoop langs julle lewelose afgode. Ek sal julle verafsku.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal 'n afsku van julle hê.
Afrikaans 1983 Ek sal julle hoogtes verwoes en julle wierookaltaartjies vernietig. Ek sal so 'n afsku van julle hê dat Ek julle lyke bo-op julle lewelose afgodsbeelde sal gooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle offerhoogtes verdelg en julle wierookaltare vernietig. Ek sal julle lewelose liggame op die lewelose liggame van julle afgode stapel. Ek sal 'n afkeer van julle hê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle offer-plekke verwoes en Ek sal julle wierook-altare afbreek. Dit sal nie vir My moeilik wees om julle lyke bo-op julle dooie afgode te gooi nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sal die plekke waar julle offer, met die grond gelykmaak. Ek sal die altare afbreek waarop julle wierook offer. Ek sal julle lyke op julle vrot afgodsbeelde gooi. Ek sal so ’n renons in julle hê