Leviticus 26:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal 'n swaard oor julle bring, wat die twis van my verbond sal wreek; en as julle in julle stede versamel is, sal Ek die pes onder julle stuur; en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal leërs teen julle uitstuur om hierdie verbondsdreigemente uit te voer. As julle na julle stede toe vlug, sal Ek ’n plaag daar laat uitbreek om julle te vernietig en julle vyande sal julle oorwin. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal 'n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal 'n oorlog oor julle bring. Dit sal die wraak wees oor julle ontrou aan my verbond. As julle veiligheid soek in julle stede, sal Ek pes onder julle loslaat sodat julle sal móét oorgee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal julle met die swaard tref om die skending van die verbond te wreek. En wanneer julle julle terugtrek in julle stede, sal Ek 'n epidemie onder julle loslaat, sodat julle in die hand van die vyand oorgegee word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal julle straf omdat julle die verbond gebreek het, Ek sal oorlog bring teen julle. As julle na die stede vlug, dan sal Ek pes tussen julle laat kom, en julle vyande sal wen teen julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal wraak neem omdat julle julle nie aan My verbintenis met julle gesteur het nie. Ek sal oorlog teen julle laat uitbreek. As julle in julle stede gaan probeer wegkruip, sal Ek maak dat daar siekte onder julle uitbreek. Julle sal die knie voor die vyand moet buig. |