Leviticus 26:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal ook wilde diere onder julle stuur, wat julle van julle kinders sal beroof en julle vee sal vernietig en julle min in getal sal maak; en jou hoë weë sal 'n wildernis wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal wilde diere op julle loslaat wat julle kinders sal vang en julle beestroppe sal vernietig. Julle getalle sal so afneem dat julle paaie verlate is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en die sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal roofdiere tussen julle loslaat, en hulle sal julle kinders vang en julle veetroppe uitroei. Hulle sal julle só uitdun dat die paaie verlate sal wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal wilde diere onder julle loslaat; hulle sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei. Hulle sal julle so min maak dat julle paaie verlate sal wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal wilde diere laat kom teen julle. Hulle sal julle kinders en julle diere doodmaak, julle sal min word, daar sal nie mense op julle paaie loop nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal roofdiere tussen julle los laat rondloop. Hulle sal julle kinders vang en julle veetroppe uitroei. Julle getalle sal so erg daal dat daar niemand meer op die paaie sal wees nie. |